God Se Plan Van A Tot Z.

by Ben Enslin


Formats

Softcover
$13.99
Hardcover
$23.99
E-Book
$20.95
Softcover
$13.99

Book Details

Language : Afrikaans
Publication Date : 7/10/2011

Format : Softcover
Dimensions : 6x9
Page Count : 256
ISBN : 9781465366320
Format : Hardcover
Dimensions : 6x9
Page Count : 256
ISBN : 9781465366337
Format : E-Book
Dimensions : 6x9
Page Count : 256
ISBN : 9781465366344

About the Book

Die boek is God se storie om al die mense van die wêreld weer terug te bring na God toe soos voor die sondeval. Hoe Hy te werk gegaan het om dit te doen met ʼn plan van A tot Z. Die plan is alreeds in Genisis volledig uitgelê. Dit wys Sy plan waar Hy vir Hom ʼn volk uitverkies het en hulle deur die geskiedenis deurgedra het met liefde en straf om as getuies voor die ganse wêreld op te tree. Die verdeling van die twaalf stamme wat Hy self bewerk het. Twee stamme wat Sy enigste Seun vermoor het soos Hy dit beplan het en tien stamme wat moes voortgaan om al die mense in die wêreld terug te bring na God toe. Dit gaan oor die saad "Jesus" wat sou kom om die wêreld te verlos en Sy koninkryk wat die hele aarde sal vul totdat Hy terug gaan kom om hier op die aarde as oorwinnaar te regeer. Hy kom na Sy bruid om haar te hertrou onder ʼn nuwe verbond, die nuwe Jerusalem, dit is Israel wat nie die Jode is nie maar al twaalf die stamme van Israel wie se roeping en werk dit is om al die nasies van die aarde te seën. Jy moet elke oomblik van die dag waar jy jou ookal bevind iemand seën, al is dit net ʼn vriendelike glimlag. Mag Koning Jesus jou seën.


About the Author

Ben Enslin is bekend in die mynbou bedryf wat sy lewe was. Hy is 'n gelowige wat naby die woord leef en dit na sy vernuwing uitleef uit genade. Hy is getroud met Cindy en het vier seuns en vier kleinkinders. Hulle woon in Klerksdorp, Suid Afrika. Hy dra die boodskap van die boek vir 38 jaar in sy hart en glo almal moet dit weet.