Ink druppels gebloei
by
Book Details
About the Book
Die gedigte in hierdie bundel bied vir die eerste keer in Afrikaans 'n eerlike, rou dimensie op die mens se begeerte om God te begryp, buite die periferie van die kerk. Die gedigte distansieer hulle van die tradisionele (kerklike) opvatting oor God . Dit is trouens rebels en aggressief teenoor die begrip God ingestel. God word as afwesig en onsigbaar beleef, wat daartoe lei dat die mens die persepsie het dat hy, die mens, vereensaamde wese is wat bestem is om te ly. Die bestaan van God, op die tradisionele manier as ‘vader’ en ‘persoonlike vriend’ word onbevrees verwerp. Die uitkoms van die stryd is positief.
About the Author
Frank Wright, kontemporêre Afrikaanse digter, het oor 'n tydperk van 36 jaar aan die Pretoriase Onderwyskollege en Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) lesings in die Afrikaanse Letterkunde, met poësie as sy spesialiteitsgebied, doseer. Hy is tans lid van vyf (geslote) gedig groepe wat hoofsaaklik op Internet publiseer. Hier het al baie van sy werk verskyn. Benewens dig, skryf hy ook speurromans, kort verhale en radio dramas. Hy komponeer ligte liedjies en skilder ook. Van sy skilderye hang tans in die Pretoriase Kunsmuseum. Die belangrikste skildery hier is ‘n simboliese werk oor die geweld en onrus op die Lonmin platinum myn.