Pêrels vir die Ewige Lewe

'n Studiegids wat jou lei op die Ewige Weg

by Sharon E. De Jager


Formats

Softcover
$22.38
E-Book
$5.99
Softcover
$22.38

Book Details

Language : Multiple languages
Publication Date : 7/23/2012

Format : Softcover
Dimensions : 6x9
Page Count : 209
ISBN : 9781477128534
Format : E-Book
Dimensions : 6x9
Page Count : 209
ISBN : 9781477128541

About the Book

Die kernboodskap van die boek word weerspieël in dié Skrifgedeelte:- “Moenie vir julle skatte bymekaar maak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” Mattheus 6:19-2. Sharon deel haar geestelike pêrels sodat jy ook jou skatte in hemelse plekke kan vermeerder, maar alles begin by die hemelse afspraak met Jesus, waarop net jy persoonlik ‘n RSVP kan gee:- Jesus sê vir jou: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou en hy met My.” Die grootste uitnodiging van alle tye, volg wanneer Jesus jou nooi om by Hom goud, wit klere en oogsalf te koop. As Jesus dan die heelal se rykdomme besit – waarmee koop ek by Hom? Kom ontdek hierdie geestelike lewenswaarhede en stap tree vir tree die ewige weg van liefde, genade en heiligmaking, terwyl jy jou geestelike pêrels versamel.


About the Author

Sharon De Jager is reeds 8 jaar by deeltydse pastorale berading betrokke en 21 jaar in die kinderbediening op interdenominale vlak. Sharon het ook per geeleentheid geestelike boodskappe en kursusse aan selgroepe en ander gehore, waar die Here haar heen sou stuur, aangebied. Sy het ‘n passievolle, groeiende liefde vir God en het lewensveranderende ervarings met haar hemelse Vader beleef, wat haar laat besef het dat, in kontras met die wêreld se “kunsmatige geluk en plesier,” daar standhoudende, ware geluk in ‘n intieme verhouding met Jesus Christus te vinde is. ‘n Geesgedrewe dringendheid van hart, het haar gemotiveer om haar hand op papier te sit sodat die realiteit van ware verlossing, redding, liefde, hoop, tesame met innerlike genesing en ‘n hemelse toekomsvisie, wat in Jesus Christus alleen te kry is, aan ‘n verloregaande wêreld bekend gemaak kan word. Sy en haar gesin is tans woonagtig in Pretoria, Suid Afrika.